![Volg net die Skoenlappers](https://static.iggybook.com/media_cache/block_books_picture/5624cac7ba3cf.jpg)
Volg net die Skoenlappers
Volg net die skoenlappers ...
Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug.
Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit.
Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart.
Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag.
Daar is altyd hoop.
Publisher : | Groep-7 Drukkers | Language : | Afrikaans |
---|---|---|---|
Genre : | Art & Culture | Release : | August 31, 2015 |
Sub-genre : | Writing | ||
Biography
Anria
Anria Breed het grootgeword in en om Brits, Noord-wes. Sy is ’n enkelma van twee kinders. Haar pa is oorlede op die ouderdom van sewe en dertig aan Leukemia. Sy is die tweede oudste kind van vier. Haar passie vir skryf kom al van kind af. Sy skryf gedigte, kortverhale en romanse. Haar missie in die lewe is om mense deur middel van haar skryfwerk te motiveer en inspireer.